Loskopvallei se damme steeds mooi vol
Loskopvallei se damme bly goed gevul met meeste damme bo die 100%-kerf.
Die damme in die Loskopvallei bly steeds goed gevul, met die jongste damstandlesings wat wys dat waterreserwes stabiel en gesond is.
Volgens vandag (Dinsdag) se metings staan Loskopdam tans op 100.7%, terwyl Flag Boshielodam ’n indrukwekkende 102.1% bereik het.
Hierdie vlakke dui daarop dat die somerreënval ’n beduidende bydrae gelewer het om die damme op optimale vlakke te hou, tot voordeel van landbou waterverbruik.
Die res van die damme in die omgewing toon ook sterk lesings:
• Middelburgdam: 96.72%
• Witbankdam: 98.3%
• Buffelskloofdam: 100.6%
• Blyderivierpoortdam: 101.4%
• Nooitgedachtdam: 100%
• De Hoopdam: 100.8%
• Ohrigstaddam: 100.3%
Met die meeste damme wat naby of bo die 100%-kerf is, kan boere gerus wees oor die beskikbaarheid van water in die kort termyn.
