Doodskissaak weer uitgestel
Die doodskissaak is Maandag in die hof op Middelburg uitgestel tot Augustus vir verhoor.

Willem Oosthuyzen en Theo Jackson word aangekla dat hulle Victor Mlotshwa aangerand en in ’n doodskis gedruk het.

Jackson en sy vrou Reanie het drie kinders, onderskeidelik vier, vyf en agt jaar oud. Sy is ’n werkende mamma wat die pot aan die kook probeer hou sonder haar man se salaris.
“Ons het nooit in ons wildste drome gedink ons mans sou nou nog in die tronk sit nie. Ons het gedink hulle sal na die Woensdag uit wees op borg. Dinge word so erg opgeblaas. Ons mans word nou gesien as hierdie vreeslike rassiste terwyl hulle eintlik geliefd is. Hulle is nie monsters nie,” het Chane Oosthuyzen vroeër aan www.mobserver.co.za gesê.
Lees vorige berigte hier:
(Video) Update: Christmas in jail for coffin case suspects
(Breaking News) Coffin case: Only ANC Youth League granted permission to protest
Update: Three major political parties to protest during coffin case
Update: Juju on his way to Middelburg
Opvolg: Doodskis was vir afgestorwe werker
Sedert Willem en Theo se inhegtenisname, het die lewe drasties vir hul twee gesinne verander.
Chane, wat met ’n piepklein babatjie sit, moes skielik self klaarkom sonder enige inkomste.
Willem was die enigste broodwinner. Sy moes uit hul huis op die plaas trek omdat haar man afgedank is. Haar oudste dogterjie, word in die aande wakker en skree aanhoudend “Pappa!
“Pappa!” nie meer ’n pappa het nie en hom nooit meer gaan soentjies gee as hy terugkom nie.”
