News

Helper steel beursie

’n Man wat gehelp het om kruideniersware in ’n bejaarde paartjie se kattebak te laai, het blitsig ’n beursie uit ’n handsak gesteel.

Mnr. Henk Blaauw en me. Lettie Prinsloo sê hulle het Dinsdag gaan inkopies doen by Pick ’n Pay in die onderdorp.
By hul voertuig het me. Prinsloo haar handsak in die kattebak gesit en hulle het die kruideniersware begin inlaai.
’n Vriendelike jong man het aangedraf gekom en gevra of hy hulle met die pakkies kan help.
Nadat hy weg is, het sy haar handsak uit die kattebak gehaal en dadelik gesien dat haar beursie weg is.
“Die ritssluiters van die handsak was nie toe nie en hy moes dit gesien en die beursie uitgehaal het!”
Al hul kaarte, waaronder hul ID’s en pensioen- en bankkaarte, asook sowat R400 kontant was in die beursie.
Die voorletters op die kaarte is AC Prinsloo en HAD Blaauw.
Hulle vra dat as iemand die beursie met kaarte of net die kaarte optel, om hulle te bel by 082 920 5313 of 082 433 5426.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button