News

Pasiënt lê nag op vloer

Die VF Plus het gesê die skokkende wyse waarop ’n bejaarde hoësorg-pasiënt in die staatshospitaal op Belfast behandel is, is onaanvaarbaar. Die VF Plus gaan by dié provinsie se minister van gesondheid op ’n antwoord aandring, sê mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga. Volgens mnr. Weber het mnr. Hennie de Beer …

Die VF Plus het gesê die skokkende wyse waarop ’n bejaarde hoësorg-pasiënt in die staatshospitaal op Belfast behandel is, is onaanvaarbaar. Die VF Plus gaan by dié provinsie se minister van gesondheid op ’n antwoord aandring, sê mnr. Werner Weber, leier van die VF Plus in Mpumalanga.

Volgens mnr. Weber het mnr. Hennie de Beer (76) Vrydagaand uit sy bed geval en moes hy feitlik die hele nag op die vloer lê. Personeel het die saal (saal vyf) waarin hy gelê het, eers Saterdagoggend besoek en hom op die vloer aangetref.

“Mnr. De Beer is na ’n ander kamer verskuif. Sy drip is egter nie teruggeplaas nie en daar was ook nie suurstof wat hy benodig nie. Die drip is eers die middag weer teruggeplaas.

“Toe mnr. De Beer se seun, mnr. Hennie de Beer jnr. by die hospitaal navraag gedoen het oor die voorval, is hy hardhandig uit die hospitaal verwyder en daarvan beskuldig dat hy ’n rassis is.

“Mnr. De Beer jnr. het aan die VF Plus vertel hoe geskok hy was oor die voorval, en het ontken dat hy rassisties opgetree het teenoor die personeel.

“Hierdie voorval en optrede is totaal onaanvaarbaar. Wanneer mense met swak diens gekonfronteer word, raak dit toenemend ? maklike uitweg om die rassekaart te speel.

“Die VF Plus sal die saak nie daar laat nie. Wat met mnr. De Beer gebeur het, getuig van skokkende swak diens deur die personeel wat lewensgevaarlik is vir alle pasiënte, wit en swart.

“Die matrone in beheer was nie bereid om met die VF Plus oor die aangeleentheid te praat nie, en het gister selfs versuim om haar foon te beantwoord. Die saak sal nie daar gelaat word nie, en die VF Plus sal by die provinsie se minister daarop aandring dat dit ondersoek word,” sê mnr. Weber.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button