Engele wil kinderhuis kinders help
'n Organisasie is pas gestig om 18-jariges wat uit kinderhuise kom, te probeer ondersteun.
Die projek, ‘Engele sprei vlerke’, is bekend gemaak tydens die Kleine Engele Albertontak se vrouetee.
Me. Carla Kamffer, stigter van Kleine Engele organisasie, het die aankondiging gemaak by die tee.
Sy het aan www.mobserver.co.za gesê dat kinders in pleegsorg en kinderhuise vanaf 18 na hulself moet omsien.
Hulle gaan nou poog om kinders met potensiaal te help om uit te styg.
Mense wat kans sien om ‘n 18-jarige te borg om verder te studeer, word gevra om die projek te ondersteun.
Hulle eerste “borgouers” is vanaf Middelburg wat vir ‘n meisie van ‘n kinderhuis (wat klaar geïdentifiseer is) se studies gaan betaal.
Sodra sy haar studies voltooi het, het hulle gereël dat sy verseker is van werk.
“Daar is welaf mense wat graag betrokke wil raak by ‘n projek, maar nie weet waar om te begin nie. Met hierdie projek kan hulle belê in ‘n kind se toekoms,” sê me. Kamffer.
Welsynsorganisasies help dat kinders in pleegsorg en kinderhuise versorg is tot hulle 18 jaar oud is. Daarna moet hulle op eie houtjie probeer regkom.
Persone wat betrokke wil raak of kans sien om so ‘n kind in hul familie as “borgouer” of besigheid te verwelkom, kan me. Kamffer kontak by 064 513 9644.
Sy sê daar is reeds vele kinders geïdentifiseer wat volgens hul prestasies op skool ‘n aanwins sal wees.
• “Engele sprei vlerke” gaan ook help om klerasie en komberse in te samel vir tieners (13-18). Dit sal aan kinderhuise en pleeghuise geskenk word.
Ander nuus:
Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl kinders honger moet toekyk, bly in aanhouding
Kleuterskool faktotum in hof oor beweerde dade met twee kinders
Want breaking news on the go?
Add us on WhatsApp. Save the number 072 248 3855 on your phone and send a WhatsApp message with the words “Add me” to receive news broadcasts.
