Laerskool Kanonkop verwelkom Graad 1 paddabene tydens hek-seremonie by skool Dinsdag
Daar was nie ’n enkele traan gestort toe Laerskool Kanonkop se nuwe Graad 1's Dinsdag by die skool verwelkom is met die tradisionele hek-seremonie, waartydens Graad 1's by ’n seremoniële hek die skoolgronde betree en aan ouers en onderwysers by die naam bekendgestel word.
Die juffrouens was almal byderhand om ook verwelkomings drukkies uit te deel, terwyl 2019 se hoofleiers en prefekte elke Graad 1’tjie verwelkom het met ’n lekker en skryfbehoeftes.
Daarna het ouers hul kroos na hul klassies toe vergesel, waar hulle more die eerste maal formeel agter die skoolbanke sal inskuif.


Wil jy spog met jou kind se eerste dag by die skool? Stuur jou kind se foto’s na sjani@mobserver.co.za.
Kyk ook uit vir ons Vrydag koerant of op ons webtuiste vir jou kind se graad een foto’s.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
