Vrou sterf as held nadat sy dogter uit pad stamp
Die vrou wat Saterdagoggend dood is nadat haar been deur ’n vlugtende motor afgery is, het as ’n held gesterf.
Voordat sy getref is, het sy haar dogter uit die pad gestamp.
Liezel Visagie is op die hoeke van Cowen Ntuli- en Lilian Ngoyistraat omgery.
Me. Visagie is kort nadat ’n vlugtende BMW haar getref het, weens noodlottige beserings oorlede.
Lees ook: BREAKING NEWS: Female pedestrian sustains life-threatening injuries in high-speed police chase
Nadat sy getref is, het die vlugtende BMW ook ’n voertuig op die besige hoek getref, waarna dit deur die grensmuur van Roman’s Pizza gebars en in die parkeerterrein te lande gekom het.
Een van die mans in die BMW wat in die jaagtog was het gevlug, terwyl ’n tweede aangekeer is.
Lees ook: UPDATE: Victim in high speed police chase passes away
Me. Visagie se familie is tans besig met verassingsreëlings maar die gesin benodig finansiële hulp.
Die diens en verassing gaan bykans R20 000 kos, wat die familie nie het nie.
Me. Visagie het gereeld saam haar ma, Marie, koekies by ’n plaaslike vlooimark verkoop vir oorlewing.
Lees ook: First responders refute eyewitness claims of extent of injury
Daar word ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir bystand sodat daar op ’n gepaste manier van die heldin ma, wie se hele lewe om haar dogter gedraai het, afskeid te neem.
Diegene wat kan bydra word gevra om met Gerhard Rheeder of Middelburg Observer redakteur mnr. Tobie van den Bergh by 013 243 1434 in verbinding te tree.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
