News

Talle hond vergiftig met Two Step

Talle honde is gister in Blesbok- en Jakarandastraat vergiftig.

Die Van Wyk gesin in Blesbokstraat sê hul honde het in die huis geslaap en is vroeg Donderdagoggend uitgevat.

Kort daarna het hul hond, Roger, geweldig rukkings gekry en gevrek. Hul poedel, Buks, het dieselfde simptome gehad en is na die veearts geneem, waar hy steeds behandel word teen die gif.

Buks die poedel is steeds by die veearts waar daar vir sy lewe geveg word.

Mnr. André van Wyk sê hulle het van die gif gekry in hul erf. Die korrelrige gif is ’n tipiese aanduiding dat Temik, ook “Two Step”-gif genoem weens die vinnige werking, gebruik is.
Mnr. Van Wyk sê die gif is met vleissaagsels gemeng.

“Hierdie mense weet nie wat hulle doen nie. ’n Mens se honde is soos jou kinders.”

Hulle het deur die loop van die oggend ook gesien dat hul buurman, mnr. Bennie Roestoff, se prag boerboel, Ceaser, dood in die erf lê en hom laat weet.

•Die gesinne het later gehoor dat daar net ’n paar huise verder nog honde, waaronder Jack Russells, vergiftig is en dat ook honde in Jakarandastraat gevrek het weens vergiftiging.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button