News

Wat het van Frank Sullivan geword?

Die vleuel, wat ’n skitterende drie gedruk het in Suidoos-Transvaal se 24-19 oorwinning oor die Westelike Provinsie in die 1983 Lionbeker wedstryd, het “van die aardbol af verdwyn”.

Hy het vir Middelburg gespeel en by Columbus gewerk, maar nadat hy uit die dorp getrek het, was hy die enigste lid van die 1983 span wat nooit weer van hom laat hoor het of die latere reünie bygewoon het nie.

Die ander puntemakers daardie dag was Harry Muller met drie strafdoele en doelskop, Gert la Grange met ’n skepdoel en Steve Meyer met ’n drie.

Die span was: Harry Muller, Frank Sullivan, Steve Meyer, Wimpie van der Westhuizen, Kallie Grobler, Gert la Grange, Klasie la Grange, Jorrie Jordaan, Hendry van Tonder, Terence Moll, Bertus van Eeden, Vleis van Zyl, Jan Loubser, Richard Cooke (k), Nan Broekman.

Mpumalanga rugby-unie is vanjaar vyftig jaar oud.

Daar word na oudspelers van veral Suidoos-Transvaal maar ook die Pumas gesoek.

’n Reünie word op 3 Augustus in die Mbombela stadion beplan wanneer die Pumas teen die Haaie in ’n Curriebeker wedstryd speel.

Spelers en oudbeamptes kan Richard Cooke, by 083 263 6938 kontak of Tobie van den Bergh by 072 220 1568 of tobie@mobserver.co.za. Arrie Myburgh, wat vele wedstryde vir die Blesbokke, Suidoos se B-span uitgedraf het, help met die reëlings. Sy kontakbesonderhede is 082 786 5894 of arriemyburgh@gmail.com.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button