News

Die gekerm van ‘n kat is toe ‘n baba

Die “gekerm van ’n kat” het gelei tot die ontdekking van 'n twee-maande oue baba wat in snerpende koue in ’n veld gelos is.

‘n Groep van vyf tiener seuns het in die vroeë oggendure gaan jag het met hulle honde in die Hendrina omgewing, toe hulle kermgeluide gehoor het.
Die seuns het gestry oor of dit ‘n kat of ‘n baba was, maar hulle was te bang om te gaan kyk.

Die groep het besluit om ‘n ouer vriend se hulp te ontbied, en dié seun het die baba ontdek.
Die baba was toegedraai in ‘n lap en was gekleed, maar sy liggaamstemperatuur was geweldig laag.

Lees ook: Baba verlate op sypaadjie

Die kinders het die baba huistoe gedra, en hom probeer warm kry en voer, terwyl die polisie ontbied is.

David Mbenekazi, van die Hendrina SAPS, het bevestig dat ‘n saak van kinderverwaarloosing oopgemaak is, en het die gemeenskap gevra om inligting te verskaf oor die baba seuntjie se ma.

Die kind word opgepas in ‘n plek van veiligheid, maar donasies van doeke, wetwipes, seep, room en handdoeke is dringend nodig. Enige donasies kan afgelewer word by die Middelburg Provinsiale Hospitaal, by die maatskaplike werkers se kantore.

Indien enigiemand inligting het oor die ma van die baba, word hulle gevra om 079 891 4869 te bel.

 

 

 

 

Lees ook:

 

Trokdrywer ernstig beseer nadat hy in ander trok vasry 

Twaalfjarige wat in ongeluk gesterf het, op familieplaas begrawe

Dorp wil erfenisskatte bewaar

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 
Back to top button