VIDEO – Renoster vrek by Ubhetyan ó Africa na terreingeveg met dominante bul
’n Renosterbul is Maandag by Ubhetyan ó Africa dood na nog ’n bloedige geveg vir terrein met die wildsplaas se dominante Ubhet.

Ipeco en Ubhet, die twee bulle, is berug vir hul kopstampery wat verlede jaar tot ’n reddingspoging met ’n helikopter gelei het nadat Ubhet vir Ipeco van ’n krans op die plaas gestamp het.
Twee weke gelede is een van die plaas se bakkies tydens ’n bakleiery tussen die bulle afgeskryf.

Maandag het Ipeco egter met sy lewe geboet, nadat hy die afgelope twee weke skielik gewig begin verloor het.
Plaaseienaar, mnr. Deon Cornelius, was Maandag juis met ’n mismonster van Ipeco op pad na ’n veearts om te probeer vasstel wat die renosterbul makeer.
Die polisie en parkeraad ondersoek die voorval terwyl daar gewag word op Ipeco se toetsuitslae.

Lees ook:
Net R500 borg vir vermeende plaasaanvallers
Haweloses die teiken van sadiste
Mans in glimbaadjies agtervolg vrou
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
