News

Motorfietsryer kritiek na ongeluk op Loskopdampad

'n Middelburg inwoner is tans kritiek in die Witbank hospitaal nadat hy Sondag in 'n motorfietsongeluk op die N11 naby die Kranspoortpas betrokke was.

Adriaan Windell  behoort aan die Wheels in the Sky motorfietsklub in Middelburg. Die klub president, Michael Longuiero, sê dat hulle nie seker is wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar dat mnr. Windel se motorfiets op ‘n draai gegly en teen ‘n boom beland het.

Hy sê dat alhoewel hy nie self betrokke was by Sondag se uitstappie nie, hy verstaan dat dit was om kos aan behoeftige mense te gaan uitdeel.

Mnr. Windell is ernstig beseer tydens die ongeluk en dokters het kort daarna vir sy vrou gesê om haar voor te berei vir die ergste.

Hy is aanvanklik in die Middelburg hospitaal opgeneem maar later oorgeplaas na die Witbank hospitaal. Daar is vasgestel dat hy frakture aan albei bene onder die knieë, sy heup, ‘n onbekende aantal ribbes en arms opgedoen het asook hoofbeserings en inwendige bloeding.

Mnr. Linguiero sê dat hulle ingelig is dat mnr. Windell se bloeddruk stabiel is en dat sy kanse op oorlewing verbeter het.

Die motorfietsklub het begin om geld in te samel om mnr. Windell by te staan met mediese onkostes.

“Ek weet ons sal seker nie genoeg geld kan insamel om hom na ‘n privaat hospitaal te skuif nie, maar sy vrou kon vir hom twee punte bloed koop, en ons kon betaal vir ‘n ordentlike CT scan en neuroloog om daarna te kyk met die geld wat ons reeds ingesamel het,” sê mnr. Linguiero.

Mnr. Windell is die enigste broodwinner in sy gesin en het twee kinders.

Enige iemand wat hulp wil verleen kan mnr. Linquiero kontak by 078 322 0853.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button