Ben Viljoen-ruiter skitter by Ranch Resort
Hoërskool Ben Viljoen se Leeyah Bhikhoo Rahim het met haar talent en toewyding beïndruk tydens die jongste SANESA-kwalifiseerder.
Hoërskool Ben Viljoen se Leeyah Bhikhoo Rahim het onlangs haar talent en toewyding in die perdesportarena ten toon gestel tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Perdeskolevereniging (SANESA) se kwalifiseerder by Ranch Resort.
Met haar twee perde, Rathmore Baronne en Midnight Blue, het Leeyah in verskeie dissiplines beïndruk en haarself as ’n gedugte deelnemer bewys. Haar prestasie is die resultaat van ure se harde werk, deursettingsvermoë en ’n passie vir die sport.
Die skool het Leeyah gelukgewens met die wyse waarop sy Hoërskool Ben Viljoen op provinsiale vlak verteenwoordig het en wens haar sterkte toe vir die res van die seisoen.
• Kry die volledige uitslae in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.