News

Papapavlou moord: ondersoekbeampte dra meer as 100 ander dossiere

Die borgaansoek vir die vrou wat van ’n plaasmoord op Rooikraal verdink word, is uitgestel tot volgende Maandag.

Daar is verlede Vrydag oor en weer geredekawel in die Groblersdal Landdroshof oor of Patricia Ray-Lee Smith (23) dadelik vir borg kan aansoek doen.

Smith is verlede week in Kemptonpark gearresteer in verband met die moord op Raymond Papapavlou in die Rooikraal omgewing, tussen Stoffberg en Groblersdal.

Lees ook: Jong boer (28) op plaas doodgeskiet

Die staat het versoek dat die borgaansoek vir sewe dae uitgestel moet word sodat hulle kan voorberei. Sers. Tshepo Mogano het getuig dat hy meer as 100 dossiere dra en nog nie kans gehad het om self Smith se woonadres te bevestig nie.

Papapavlou is Sondag 4 Oktober in sy bed doodgeskiet.

Sy vrou Simoné het destyds aan omstanders en later aan die polisie vertel dat sy op die bank voor die televisie aan die slaap geraak het terwyl haar man in die bed gelê het. Sy het glo wakker geword van geweerskote en toe van die bank af waarskuwingskote gevuur.

Lees ook: Vrou aangekla vir Papapavlou moord

Die Limpopo polisie het destyds ’n verklaring uitgereik wat gesê het dat Papapavlou se liggaam oortrek was moet koeëlwonde toe hy in sy bed gekry is.

Die staat voer in die klagstaat aan dat Smith en Simone Papapavlou saamgewerk het om haar man te vermoor.

Mev. Papapapavlou is nie gearresteer nie.

Lees meer oor die Papapavlou moord:

Voorheen skote en moord op Rooikraal

Het Mercedes iets met moord te doen?

Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord

Beloning vir inligting oor Rooikraal moord

Almal wag vir nadoodse verslag

Deurbraak in Papapavlou moord lei tot arrestasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button