News

Regsaksie kom na afsterwe van liggaamsboukampioen

Mnr. Gunter sal saam met sy seun Desmond, wat in 2004 oorlede is, begrawe word.

Daar word Vrydag, 8 Desember, afskeid geneem van die voormalige liggaamsboukampioen, mnr. Broer Gunter, wat op 2 Januarie in die Middelburg Hospitaal dood is, nadat hy op nuwejaarsdag opgeneem is weens infeksie in sy geamputeerde linkerbeen.

Sy linkerbeen is op 8 Desember in eMalahleni by die knie afgesit.

Hy is kort daarna Middelburg Hospitaal toe vervoer, waar hy op 28 Desember ontslaan is.

Na sy ontslag het die krammetjies wat die wond geheg het, weggeskeur.

Wurms is later deur sy vrou Annemarie in die wond gesien. Mnr. Gunter is op 1 Januarie in ’n kritieke toestand terug Middelburg Hospitaal toe.

’n Dag later het ’n manlike verpleër me. Gunter van sy afsterwe verwittig. Mnr. Gunter het ook ernstige bedsere in die hospitaal ontwikkel, wat nooit behandel is nie.

Die gesin was reeds in kontak met Collins Prokureurs wat in mediese nalatigheidsake spesialiseer.

Hulle sal Maandag met me. Anelda Collins konsulteer vir siviele regsaksie teen beide die eMalahleni en Middelburg hospitale.

’n Kort begrafnisdiens sal Vrydag vir mnr. Gunter by die graf gehou word.

Slegs nabye familie en vriende word toegelaat weens Covid-19 beperkings. Mnr. Gunter sal saam met sy seun Desmond, wat in 2004 oorlede is, begrawe word.

Sy ander seun Raymond, is ook in 2004, twee maande na sy boetie Desmond, oorlede.

Hy word oorleef deur sy vrou Annemarie, seun Clement, en kleinseuns Zhane en Ryan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button