VLU bring vreugde na Loskopvallei Rusoord
Die VLU Willie Hamman-tak het die inwoners van Loskopvallei Rusoord getrakteer met ’n dag vol bederf.
Musiek, lag en omgee het op Dinsdag, 12 Mei, die sale van Loskopvallei Rusoord in Marble Hall gevul toe lede van die VLU Willie Hamman-tak die inwoners met ’n spesiale besoek bederf het.
Groblersdal se eie boere-orkes het vir nostalgiese deuntjies en vrolike samesyn gesorg, terwyl inwoners ook heerlik aan tuisgebak gesmul het. Die oggend het nie net herinneringe wakker gemaak nie, maar ook die gemeenskapsgees tussen inwoners en besoekers versterk.

Die VLU-lede het boonop verskeie handgemaakte items as deel van hul 2026-projek aan die bestuur van Loskopvallei Rusoord oorhandig.
•Lees meer oor die besonderse besoek en die gemeenskap se betrokkenheid in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.

