Observer Daller
Opwindende sportaksie vir Hoërskool Ben Viljoen
Hoërskool Ben Viljoen se rugby- en hokkiespanne het voortreflike vertonings teen Frikkie Meyer gelewer.
Hoërskool Ben Viljoen se wintersportspanne het hulle staal gewys tydens opwindende wedstryde teen Hoërskool Frikkie Meyer.

Die rugbyspanne het in Thabazimbi kragte gemeet, terwyl die hokkiespelers op die astrobaan in Mookgophong hulle vernuf ten toon gestel het.
Van taai verdedigingspel tot blitsige aanvalle en vasberade spanpogings, het die Dallers weer gewys waarom hulle ’n krag op die sportveld is.

Verskeie spanne het met indrukwekkende vertonings vorendag gekom en die dag was gevul met trots, deursettingsvermoë en goeie sportmangees.
•Die volle uitslae kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.







Lees ook: Ben Viljoen se Astro-baan droom word werklikheid
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
