News

Kind uit hospitaal ontslaan na slangbyt

Die kind wat Sondagaand deur ’n Mosambiekse spoegkobra gebyt is, is uit die hospitaal ontslaan.

Die kind (10) se pa het vertel dat sy seun gebyt is toe hy hom in die bed gaan sit het.

Hy het na ’n paramedikus wat in dieselfde dorp as hy bly se huis gejaag vir hulp.

Die kind is na Life Midmed gehaas en te danke aan slangkenners Arthur Rhoden en Vic Boshoff is die regte behandeling gegee. Hy is toe in die intensiewe eenheid opgeneem vir waarneming.

Die slang wat deur Arthur Roden gevang en as Mosambiekse spoegkobra geïdentifiseer is.

Die kind se pa het gesê dat dit goed gaan met sy seun en dat hy intussen uit die hospitaal ontslaan is.

•Hulle wil nie geïdentifiseer word nie.

Lees ook: Kind wat deur slang in bed gebyt is, in intensiewe eenheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button