News
Man wat vullis brand opgespoor
Die man wat ’n staal rommelhouer agter die Midwater Sentrum aan die brand gesteek het, is opgespoor.
Videomateriaal van ’n man wat sakke rommel uit sy motor in die staalhouer in laai voordat hy dit aan die brand steek en weg ry, is beskikbaar gestel in ’n poging om die man op te spoor.
Lees ook: Man wat sakke brand gesoek
’n Sekuriteitswag kon die vlamme blus nadat hy ’n ontploffing gehoor en gaan ondersoek instel het.
Lourens Kritzinger, hoof van sekuriteit by die sentrum, sê dat die man na die berig met hom kontak gemaak het en dat hy daarna met die sentrum se bestuur gaan praat het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!