News

Dis Nou Genoeg! beplan verenigde front teen stakende munisipale werkers en hul “slapgewrig” werkgewer

Die munisipale stakers staar nou ’n verenigte front van inwoners in die gesig met die Dis Nou Genoeg-stigting wat vandag deur mnr. Arthur Hill van stapel gestuur is.

Daar is reeds verskeie WhatsApp groepe onder die Dis Nou Genoeg! vaandel begin met meer as 1000 lede.

Mnr. Hill vra inwoners om eerskomende Woensdag op te ruk na Kees Taljaard stadion se A-veld waar hy teenwoordiges sal toespreek oor ’n beplande massa-optrede na die munisipaliteit.

“Dit is tyd dat ons saamstaan en die munisipaliteit terugvat,” het hy aan www.mobserver.co.za gesê.

Hoewel daar soortgelyke groepe gestig is, sê mnr. Hill ’n gefragmenteerde benadering is nie haalbaar nie.
Hy vra dat ander bestaande groepe onder die Dis Nou Genoeg! sambreel sal inskakel.

“Middelburg is gatvol om gyselaar gehou te word deur drinkende, braaiende werkers, wat ons nie een maal nie, maar drie keer sedert September die middelvinger gewys het,” sê mnr. Hill.

Daar sal Woensdag tussen 17:30 en 18:00 by die stadion gesprek gevoer word oor ’n verenigde pad vorentoe teen die stakers.

Mnr. Hill sê dat belastingbetalers lank genoeg stil gebly het en nie net deur die stakers vir die gek gehou word nie, maar deur die munisipaliteit wat betaling eis op dienste wat nie verskaf word nie.

“Die munisipaliteit kan nie verdere dienste van ons weerhou nie, want daar is nie dienste nie,” sê hy.
Hy sê dis hoogtyd dat die munisipaliteit besef jy byt nie die hand wat jou voed nie.

“Ons moet besef dat die munisipaliteit en raad die stakers met slapgewriggies benader, tyd vir onderhandeling met hulle is verby”.

Hy nooi alle inwoners om die beplanningsessie Woensdag by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button