Videomateriaal wys hoe man by restaurant inbreek
CCTV Videomateriaal wys duidelik hoe ’n man binne sekondes ’n deur oopskop by Jitters Restaurant, deur die glas kruip en dan ’n kasregister gryp.
Die booswig het Sondagaand omstreeks 22:40 die deur aan die onderkant oopgeskop, oor die toonbank geklouter en die leë kasregister gegryp.
Alhoewel die kasregister leeg was, kos dit nou etlike duisende rande om nie net die deur reg te maak nie, maar ook ekstra alarm-ogies en paniekknoppies te kry en ’n voltydse nagwag te betaal.
Lees ook: Dief skop deur oop tydens beurtkrag
•Gisteraand is daar vir die derde keer sedert die begin van Oktober by ’n besigheid net etlike blokke verder ingebreek.
As ’n mens die CCTV videomateriaal met dié van Jitters vergelyk, blyk dit dat dit dieselfde man is wat ook by hierdie besigheid ingebreek het tydens beurtkrag.
By hierdie besigheid is dit nie seker of hy die voorste venster uitgeskop of met ’n klip oopgebreek het nie.
@middelburgobserver Dief skop deur oop tydens beurtkrag by Jitters restaurant
