News

Verslaafdes gebruik kondome se smeermiddels

Honderde dwelmnaalde met dwelms en dwelmtoerusting is in ’n week se tyd by verslaafdes gekry wat oral in die dorp slaap.

“Ons het by honderd persent van al die mans wat in die nagte voor besighede en in stegies slaap, dwelms, inspuitings en naalde en dwelmtoerusting soos glaspype gekry. In van die inspuitings was die konkoksies wat hulle gemaak het, nog in die inspuitings,” vertel mnr. Arthur Hill (Kanonkop en Dennesig Dagpatrollie).

Die dagpatrollielede het in die nagte, veral tydens beurtkrag, deur die dorp gery en oral waar mense voor besighede gelê het, hul wakker gemaak.

Die areas waar hulle beweeg het die afgelope week en verslaafdes en dwelms gevind het, was: OR Tambostraat, Bhimy Damanestraat (op pad na Mhluzi), die geboue en parkeerarea agter die ou Pick ’n Pay gebou (tussen Bhimy Damane-, Joubert-, Wes- en Walter Sisulustraat).

By Van Blerkplein het verskeie verslaafdes geslaap.

“Hulle klim vanaf ’n brandkraan oor die heining en gaan slaap binne en gebruik dwelms. Ons kon nie ook daar inklim nie, want dit is betreding.”

Verslaafdes wat hulle in Kanonkop verjaag het, het hulle later op heterdaad betrap onder die halfgeboude daghospitaal in Proteastraat.

Die dagpatrollielede is nou in beheer van die daghospitaal se sekuriteit. Hulle het nie net skoongemaak daar nie, maar verjaag bykans elke nag die dwelmverslaafdes en diewe wat dit hul blyplek wou maak.

Wat vir mnr. Hill kommerwekkend is, is die honderde insulien-inspuitings met vol botteltjies insulien (wat verval het) wat hulle by verslaafdes gekry het.

“Nie een van hulle is diabete nie en een van die verslaafdes het gesê hulle meng dit met dwelms! Dink hoe dodelik is dit!”

Daar is vir hulle gesê dat hulle die insulien by ’n mediese afvalhouer uithaal waar hulle oor ’n muur klouter.
In baie van die dwelmhouers het hulle ook kondome gevind.

“Die dwelmverslaafdes vat die smeermiddel van die kondome om die rubbers van die inspuitings glad te hou, sodat dit nie droog word en vassteek wanneer hulle byvoorbeeld heroïne inspuit nie.”

• Die Kanonkop en Dennesig Dagpatrollie doen patrollies regdeur die dag en ook in die aande tydens beurtkrag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button