News

Rower dra selfde keps, broek en plakkies as vorige roof

Daar is nou klinkklare bewyse dat dieselfde groep rowers by ten mintse twéé rooftogte die afgelope drie weke betrokke was.

Na aanleiding van CCTV videomateriaal en foto’s, van twee rooftogte, kan ’n mens sien dat een rower by twee van die rooftogte presies dieselfde klere dra.

Verlede Vrydag het twee rowers, soos die meeste vorige rooftogte in Middelburg, ingegaan by Lucky Supermarket in die Cresta Sentrum en kontant geëis.

Hul makkers het hulle later opgepik in ’n voertuig sonder nommerplate. Presies dieselfde modus operandi as die ander rooftogte.
Een van die rowers het Vrydag ’n rooi kepsie (met ’n wit streep op die voorste gedeelte), blou langbroek en plakkies gedra.

Die man wat twee weke gelede betrokke was by ’n ander rooftog met dieselfde keps en plakkies.

Die joernalis het dadelik onthou dat een van die rowers wat tydens ’n vorige rooftog twee weke gelede op CCTV videomateriaal vasgevang is, ook dieselfde geklee was.

Daar is weer na die CCTV videomateriaal gekyk en kon die ooreenkomste duidelik gesien word. Die rooi keps met wit streep en plakkies was presies dieselfde!
Met al die miljoene kepsies en plakkies daarbuite is dit darem net te ‘toevallig’.

’n Mens kan nie sy gesig duidelik uitmaak nie, maar volgens sy bou, is dit beslis dieselfde man.

Nog twee van die vier rowers wat Vrydag deel van die rooftog uitgemaak het.

Interessant om te noem dat die persoon met die keps en die plakkies by die vorige rooftog se videomateriaal ook die eerste persoon was wat ’n 9mm pistool uitgepluk het.

Hy het agter die toonbank ingeloop en personeel aangesê om hul hande omhoog te hou, terwyl hy die kasregister leeg gemaak het.

•Die foto’s en videomateriaal bevestig wat mnr. Johan Oberholzer (operasionele bestuurder, Mid Alarms) verlede week gesê het.
Hy het gesê dat dit baie waarskynlik dieselfde groep is wat by meer as een van die rooftogte in die dorp betrokke is.

Die joernalis het die foto- en videomateriaal vir hom gewys en het hy gesê as hy kyk na die bou, klerasie, keps en plakkies “dat dit hoogs waarskynlik dieselfde man kan wees.”

Op die foto kan duidelik gesien word dat hy dieselfde keps gedra het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button