News

Vlymskerp messe en honderde dwelmnaalde gekry

Vlymskerp messe soos okapi’s en kapmesse, asook honderde dwelmnaalde en selfs ’n tweerigting radio is in gehuggies onder bome onderkant die treinspoor in Viljoenstraat gekry.

Die Middelburg Dagpatrollie het Vrydagnag toegeslaan by verskeie weggesteekte areas waar daar klagtes is van moontlike dwelmgebruik.

Mnr. Arthur Hill (Dagpatrollie) sê hulle het in John Magagulastraat afgery en by die afdraai net voor die sirkel gestop en verder gestap.
Hulle het teen die treinspoor afgeloop en gesien dat daar op ’n stadium ’n steil skuinste af is met bome wat daaroor groei.

Verberg onder die bome, aan die eindpunt van die skuinste, het hulle ’n groot verrassing gekry.
Oral het informele strukture gestaan.

In ál die strukture was daar inspuitings met inspuitingsnaalde, dwelmpype en dwelms soos Nyope, dagga, heroïne en ander onbekende dwelms.
Daar was ook oral skerp messe.

“Langs die een struktuur was daar ’n ou koelboks wat vól naalde, messe en dwelms was.”

•Mnr. Hill het aangedui dat hulle nie meer net bekend staan as Kanonkop en Dennesig Dagpatrollie nie, aangesien hulle besig is om uit te brei na ander gedeeltes ook en nou bekend sal staan as Middelburg Dagpatrollie.

Hulle is reeds aktief in Gholfsig en Groenkol.

•Verlede week het hullle toegeslaan in die Sentrale Sakegebied en ook honderde dwelmnaalde met dwelms in ál die mense wat voor besighede en in stegies geslaap het, se besit gekry.

•Vir enige navrae rakende die Middelburg Dagpatrollie se werksaamhede, bel mnr. Hill by 083 870 9693.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button