News

Vrou sê sy ken die dwelmdraak se vernietigende gevolge

’n Jong vrou, wat self die dwelmdraak sewe jaar gelede afgeskud het, wil die dwelmverslaafde Divan Ferreira help.

Die vrou, wat weens verstaanbare redes anoniem wil bly, sê sy het Divan se verhaal op ons webtuiste gelees en het laat weet dat sy hom ken.

Sy ken ook die stryd wat hy gevoer het, elke keer as hy uit rehabilitasie gekom het en moes terugkeer strate toe, omdat daar nie vir hom werk, blyplek of ’n ondersteuningsnetwerk was nie.

“Ek het gister met Divan gepraat, en hy het skoon begin huil. Hy het gesê hy het só gebid vir iemand om hom te kom help. Hy sal bitter graag so gou as moontlik na Bread-of-Life wil gaan, maar ons het fondse nodig.”

Volgens haar het Divan vir haar gesê dat hy alles in sy vermoë gaan doen “om dit te maak werk, hy is moeg baklei. Hy wil rustig word en sy eie familie begin.”

Sy het reeds met die span van Bread-of-Life gepraat, wat gesê het dat hy later gehelp moet word om sy plek in die samelewing weer in te neem.
Nou wil hulle eers fokus om hom te help om sy program daar klaar te maak.

Lees ook: Ma stort hart uit oor dwelmseun

“Tannie Dorijn Verwey, van Bread-of-Life, het juis ’n sagte plek vir mense wat deur klomp ander rehabilitasiesentrums was en nie kon reg kom nie en dan, soos Divan, desperaat by haar aankom.”

Sy onthou hoe syself destyds gehelp is om stelselmatig weer deel te word van die samelewing.

“Ek verstaan presies waarvoor hy bang is, en tannie Dorijn-hulle is uitstekend in dit wat hulle doen. Ek glo werklik dat hulle hulle hom sal help om deur te druk. Ek was ook, soos Divan, sewe keer by verskillende rehabilitasiesentrums. Die enigste een wat my werklik gehelp het, was Bread-of-Life. Ek het nooit weer dwelms gebruik of teruggekyk nie.”

Sy glo dat as sakelui en Middelburgers almal saam elkeen ’n klein bydraggie gee, dit gou die R6 000 per maand vir die rehabilitasie sal kan bybring.

“Ek glo werklik Divan sál skoonkom by Bread-of-Life.”

Persone wat haar projek om Divan te help wil ondersteun, kan ’n WhatsApp stuur na 072 916 0599.

•Divan is onlangs van diefstal beskuldig en sy ma het haar hart uitgestort oor haar verslaafde seun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button