News

Willem se suster sê: ‘alles is net bespiegelinge’

Gerugte dat Willem Kruger (29) se selfoonsein gister by in die omgewing van Pienaardam waargeneem is, is net bespiegelinge.

“Alles wat ons al gekry het, is nog net bespiegelinge en ons weet nie of dit waar is nie. Ek sal jou laat weet sodra ons ’n regte leidraad kry. Maar daardie bespiegeling maak nie sin nie, want sy bakkie is nie deur kameras op die pad opgetel nie,” het Willem se suster, Danelle Verwey, pas gesê.

“Die Bethal persoon se kamera wys net ’n bakkie van die kant af wat ver is en dit reën so ons kan ook nie op dit werk nie. Ek belowe daar is nog absoluut niks,” het sy gemeld.

Die oudleerling van HTS Middelburg het Saterdagoggend vanaf Morgenzon na Groblersdal vertrek en toe spoorloos verdwyn.
Hy moes deur Middelburg op die N11 reis op pad terug na sy huis.

•Ten tyde van sy verdwyning het hy gery met ’n wit Hilux Dakar, registrasienommer FBH948L.
Hy het ’n blou hemp en ’n khakikleurige kortbroek gedra.

•As enige persoon weet waar Willem hom bevind of sy bakkie iewers opmerk, bel vir Jacques by 071 688 9794 of Danelle, by 082 524 8346.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button