News

Boef klim lamppaal met luiperd se presisie, stroop kabels en vlug

’n Video wat op sosialemedia versprei word, wys presies hoe maklik dit is vir kriminele om ’n lamppaal van sy kabels te stroop.

In die video klim ’n man die lamppaal uit, en pluk die kabels van bo, waar die gloeilamp sit.
Hy val saam met die kabels grond toe en maak dan dat hy wegkom.

Die video is nie plaaslik geneem nie, maar plaas die landwye plaag kabeldiefstalle mooi in perspektief.

Op eie bodem is die munisipaliteit tans besig om hoëmasligte in areas op te rig waar kabeldiefstalle die munisipaliteit lamlê.
Gewone gloeilampe word ook tans met die LED-lampe in bestaande straatligte vervang.

Volgens me. Prudence Magutle van die munisipaliteit, is kabeldiefstalle op Middelburg ook ’n reuseprobleem.
Kabels word veral tydens beurtkrag geteiken.

Hoëmasbeligting is baie effektief in areas waar kabeldiefstal brandkolle is.

Me. Magutle sê dis veral so in nuwe areas waar dorpstigting aan die gang is, soos Newtown en Uitbreiding 24.

@middelburgobserver

Thief caught on camera stealing the cables of a street light

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button