News

Mike Bolhuis en sy span help soek na Willem

Die land se bekendste privaat speurder, Mike Bolhuis en sy span, is op dieselfde dag wat Willem Kruger verdwyn het, deur die familie gevra om te help soek na hom.

Willem is Sondag deur sy familie as vermis aangegee nadat hy verdwyn het vanaf die Henbase Lodge (tussen Morgenzon en Amersfoort).
Hy is die laaste keer kort na middernag gesien.

Mnr. Bolhuis het vanoggend gesê dat sy span speurders reeds by die lodge is om die polisie en veiligheidsgroepe te ondersteun wat na Willem soek.

“Kort na sy verdwyning het ’n sekuriteitsfirma ons gekontak en gevra dat ons moet help met die ondersoek. Ek het gevra dat sy familie my self moet kontak en sy pa het my kort daarna gevra om te help.”

Mnr. Bolhuis noem dat sy speurders ook help om verklarings te neem op die lodge.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button