“’n Ma en pa se seun is weg”
Die verdwyning van Willem Kruger het die land aan die hart gegryp en daar word van oral af inligting en boodskappe van ondersteuning aan die familie gestuur.
Me. Marilé Nieuwoudt (een van die koördineerders van die gemeenskapsondersteuningsentrum) sê dit is verblydend dat die land so saamstaan en omgee in hierdie traumatiese tyd wat daar na Willem gesoek word.
Lees ook: Laagwater bruggie vanwaar Willem verdwyn het bedrieglik in nag
“Die familie waardeer dat almal omgee, bid en inligting stuur, maar hulle gaan deur ’n geweldige traumatiese tyd. ’n Ma en pa se seun is weg. Ons is jammer vir die gesin en probeer hul trauma minimaliseer. Dit is hoekom ons alles vir hulle hanteer.”
Lees ook: Polisieduikers soek in Vaalrivier na Willem
Me. Nieuwoudt vra dat almal dit asseblief moet verstaan en alle navrae aan haar (071 873 1184) rig.
