News
R50 000 beloning vir inligting om Willem te vind
Die familie van Willem Kruger, wat Sondag in die vroeë oggendure verdwyn het, bied ’n beloning van R50 000 aan vir inligting wat sal lei dat hy gevind word.
Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke), wat aan die stuur staan van die ondersoek na Willem se verdwyning, het die Middelburg Observer pas van die beloning in kennis gestel.
Willem het saam met vriende by die Henbase Lodge gekuier tussen Morgenzon en Amersfoort en hy en sy bakkie het Sondag in die vroeë oggendure verdwyn.

Enige inligting wat sal help in die ondersoek, kan deurgegee word aan mnr. Louwrens by 071 798 7954.
•Willem het ’n blou hemp en khaki kortbroek gedra tydens sy verdwyning.
•Sy bakkie is ’n wit Hilux Dakar, registrasienommer FBH948L.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
