Emosionele oomblik: ’n Eerste drukkie vir klein Hendrik
Klein Hendrik Venter was al drie daggies oud, toe sy ma, Anuska, vir die eerste keer aan hom kon raak.
Vandag is “Internasionale Prem”-dag, wat ook deur die Life Midmed Hospitaal gevier word, en ons wys graag die spesiale oomblik toe me. Venter vir die eerste keer aan Hendrik geraak het.
Hy is op 11 November premuatuur op 28 weke gebore.
Op die video wat sy maak vir haar ma, hoor en sien ’n mens die spesiale oomblikke tussen ma en baba. “Ek mag aan hom vat…hallo my liefie…hy is so klein…Mamma is lief vir jou, Mamma is baie lief vir jou…”
Terwyl sy met haar seuntjie praat, sien ’n mens hoe hy sy handjie beweeg en sy vingertjies oopmaak, so asof hy vir haar sê hy verstaan elke woord wat sy sê.
@middelburgobserver Anushka Venter kan vir die eerste keer aan klein Hendrik raak
