Herrie oor kommentaar wat gelewer is
Daar is tans ’n herrie oor ’n kommentaar wat gelewer is op Facebook.
Die skermskoot is meer as een keer vir die joernalis van die Middelburg Observer gestuur na kommentaar op die “Ons soek Willem Kruger” Facebookblad.
’n Volkskaalse geveg het gevolg.
Die kommentaar wat gelewer is was as volg: “Mike Bolhuis, dankie vir jou opregte harde werk. Het nog nooit ontmoet nie, maar irrelevant. Een van ons kapteins het rapporteer dat hy gevind is. Ek vertrou dit is so en gun sy geliefdes sy privaatheid.”
Lees ook: “Liggaam in Vaalrivier” soektog na Willem duur voort
Die stelling is gepubliseer asof die Middelburg Observer sou gesê het dat Willem gevind is, wat nie waar is nie. Willem is nie gevind nie en die Middelburg Observer het ook nooit so berig nie.
Ons hoofdoel is om die publiek elke paar uur ingelig te hou oor die soektog na Willem Kruger.
•Daar is pas met Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) gepraat en hy het bevestig dat Willem nog nie gekry is nie. Enige inligting kan aan hom deurgestuur word by 071 798 7954.
