News

“Liggaam in Vaalrivier” soektog na Willem duur voort

Riemtelegramme op Facebook dat Willem Kruger gekry is, is onwaar.

Daar is gister laat ’n boodskap op die Facebookgroep, “Ons soek Willem Kruger” gesê dat “een van ons kapteins gerapporteer het dat hy gevind is.”

Mnr. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke), wat die ondersoek lei, het pas gesê dat dit onwaar is.
“Willem is nog nie gekry nie.”

Daar is ook mense wat skakels stuur van die Carletonville Herald wat berig het dat daar ’n Facebookplasing was en dat daar in die Parys Nuus berig is dat ’n liggaam in die Vaalrivier gesien is.

Die joernaliste van die Gazette het gesê dat daar geen verdrinkings of vermiste persone in die afgelope twee weke in die Parys omgewing was nie.

By navraag aan mnr. Phil Vermeulen, wat deel is van Mike Bolhuis se spesialis ondersoekspan, het hy gesê dat hy in elk geval dié inligting sal opvolg.

Alhoewel dit meer as 200km ver vanaf die area is van waar Willem verdwyn het, het hy gesê: “dat ek die berig gekry het ten opsigte van die persoon in die rivier. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar die afstand is bietjie groot. Alle leidrade word opgevolg.”

Enige inligting kan deurgegee word aan mnr. Louwrens by 071 798 7954 of mnr. Vermeulen by 082 604 4598.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button