News

Gekaapte man is nié Willem Kruger

Die man wat in Gauteng langs die pad gekry is en waarskynlik gekaap, erg aangerand is en aan geheueverlies ly, is nié Willem Kruger nie.

Die ondersoekspanne wat sedert Sondag na Willem soek wat verdwyn het vanaf die Henbase Lodge, tussen Morgenzon en Amersfoort, sê hulle het ook die plasings gesien en het dit opgevolg.

Beide mnre. Sakkie Louwrens (Bosveld Misdaad Ondersoeke) en Phil Vermeulen (Mike Bolhuis se span) het bevestig dat hulle dit opgevolg het en dat dit nie Willem is nie.

Bel mnr. Louwrens met bruikbare inligting by 071 798 7954 of mnr. Vermeulen by 082 604 4598.

Die man wat weens kopbeserings nie weet wie hy is nie.
  • Die man wat langs die die pad gekry is, is gister gevind. Hy het weens sy kopbeserings geen idee wie hy is nie.
  • As iemand die onbekende man herken, bel die Vulnerable Citizens Support Initiative (VCSI) organisasie by 082 443 2245.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button