News

Kabels gesteel en Rovos Rail trein paar uur hier gestrand

Een van Rovos Rail se luukse vloot treine is vir 'n paar ure by die Middelburg Stasie gestrand, omdat kabels gesteel is in die omgewing van die Olifantsrivier.

Mnr. Adam Bentley, wat aan die stuur staan van die Rovos Rail se span op die trein staan, sê hulle het gister gaste in Kaapmuiden afgelaai.

Op pad terug na hul privaat stasie in Pretoria, is hulle vanoggend in die vroeë oggendure laat weet dat hulle by die Middelburg Stasie moet stop.

Hulle het om 04:15 by die stasie ingetrek en wag hulle sedertdien om te hoor wanneer die kabels herstel sal wees.

Die Rovos Rail se 21 personeellede het ontbyt by die Middelburg Stasie geëet, terwyl daar gewag is vir nuus van die herstelwerk van die kabels.

Mnr. Bentley het gemeld dat daar aanvanklik gehoop is dat die kabels teen 12:00 vandag reg sou wees.

‘n Bussie van die Rovos Rail het egter omstreeks 12:00 opgedaag om die personeel solank Pretoria toe te neem.

Mnr. Bentley het genoem dat hy en die drywer by die trein sal bly en as die kabels reg is, sal hy en die drywer dan teruggaan met die trein.

  • Rovos Rail gebruik Transnet se drywers en lokomotiewe.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button