News

Aanvaller het ook saag gehad en hond met kettie geskiet

Die volle prentjie van gister se aanval waar 'n vrou met 'n panga gekap en 'n verdagte later gevang is, is na aanleiding van CCTV videomateriaal uiteen gesit.

 

Me. Lorraine Prinsloo (56) is gister gewelddadig oor die kop en hande met ‘n panga gekap op die plaas Blombos (Elandsdoorn omgewing, Denniltonpad).

Sy het terug geveg en het die booswig weg gekom met ‘n paar rand, ‘n selfoon, toeknyp broodrooster en ‘n TV afstandbeheerder.

Mnr. Piet Groenewald van WIPS (Wildlife Investigation and Protection Services) het na aanleiding van die CCTV videomateriaal gesien wat die aanvaller alles gedoen het.

Hulle het ook die plek in die heining gekry wat hy geknip en deurgekruip het.

Die plek waar die booswig die heining geknip het.

Die booswig het die heining geknip en deurgeklim na die plaas waar hy eerste ingegaan het by die Prinsloos se seun se huis.

Van die gesteelde artikels en inbreektoerusting wat by die verdagte gekry is.

Hy het met ‘n kettie en klippe op die groot hond geskiet tot die hond geepad het en toe by die perseel ingegaan.

Op die videomateriaal sien ‘n mens hoe hy om die huis rondsluip met ‘n saag in die hand. Die boef het ook ‘n balaklawa en handskoene gedra.

Dit is op hierdie tydstip dat die alarm afgegaan het en me. Prinsloo se man, Michael, na sy seun se huis gejaag het om te gaan kyk wat aangaan, aangesien hulle van vakansie oppad was huistoe.

Alles dui daarop dat die rower gesien het mnr. Prinsloo kom aangejaag, waarop hy sy kans waargeneem het en opgehardloop het na hulle huis, waar hy me. Prinsloo oorval en met ‘n panga gekap het.

Tydens die aanval het sy met hom gestoei en ook na hul kamer geneem, omdat hy aangedring het op kontant en skoene.

In die kamer het sy vir hom haar man se tekkies en haar beursie gegee, maar die tekkie is summier by die venter uitgegooi.

Hy wou haar terugsleep na die voorste gedeelte van die huis, maar sy het hom by hul kamerdeur uitgestamp en haarself toegesluit, vanwaar sy haar man en vir hulp op die tweerigting radio geroep het.

WIPS en boere het die area gefynkam en ‘n verdagte vasgetrek.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button