Dief betrap wat glo solarligte steel
’n Verdagte is vanoggend deur twee inwoners op heterdaad betrap terwyl hy besig was om ’n solarlig in hulle erf te steel.
Volgens ’n stemposboodskap het die Dennesig inwoner, wie se naam weerhou word, die man gevang terwyl hy een van sy solarligte gesteel het. Die verdagte was in besit van ander solarligte wat vermoedelik ook gesteel is.
Lees ook: Diewe rig visier op Kanonkop, inbrake duur voort
Die inwoner het egter nie die tyd gehad om die verdagte polisiestasie toe te neem nie, en het hom laat gaan.
• Vanoggend se voorval is die tweede diefstal van solarligte in die laaste week. Daar is Saterdag in die vroeë oggendure in Blesbokstraat ook ’n solarlig uit ’n erf gesteel.
Lees ook: Kabeldief duik in rivier on reaksie-offisiere te ontglip
Diewe is veral bedrywig tydens beurtkragtye en spits hulle toe op kragkabels, solarligte, asook wiele.
Lees ook: Hoe meer kragonderbrekings, hoe meer misdaad
