News

Voorlopige verslag wys Willem het ‘moontlik verdrink’

Die voorlopige verslag van die staatspatoloog in die Willem Kruger ondersoek, dui aan dat hy "moontlik verdrink" het.

Brig. Selvy Mohlala het bevestig dat daar steeds net ‘n geregtelike doodsondersoek in die saak is.

Met hierdie uitslag is daar op hierdie stadium geen sprake van ‘n moontlike moordondersoek nie.

Daar word gewag vir nog uitslae, maar dit kan nog ‘n geruime tyd neem.

 
Back to top button