News

Gestremde man is geopereer

Sy broer, Louis, sê die vyf uur lange operasie is gistermiddag in die Witbank Hospitaal gedoen.

Wimpie van der Merwe, die gestremde man wat vir meer as twee weke in die Middelburg Hospitaal gelê het nadat hy sy heup gebreek het, is gistermiddag geopereer.

“Ek is so bly dit is gedoen. Nou kan dit net beter gaan,” het hy verlig gesê.

Lees ook:

Gestremde man lê al week sonder hulp met gebreekte heup

• Wimpie is op 28 Maart na die Witbank Hospitaal geneem nadat hy by sy broer se huis gegly, geval en sy heup gebreek het.

Hy was vir twee dae in die ongevalle eenheid, omdat daar nie ’n bed beskikbaar was nie.
Daarna is hy oorgeplaas na die Middelburg Hospitaal, waar hy behandeling ontvang het tot Dinsdag.

Hy is Dinsdagmiddag oorgeplaas na die Witbank Hospitaal, waar die operasie gister gedoen is.

Lees ook:

Gestremde man nie voor Paasnaweek geopereer

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button