News

Ma soek al vyf jaar na vermiste seun

Duke Prinsloo het in Augustus 2018 in Middelburg verdwyn.

Die hawelose man wat vroeër hierdie week dood gekry is, het weer ‘n beklemming om ‘n ma se hart gebring dat dit moontlik haar seun kan wees.

Linda du Toit (wat in Zambië bly) was dankbaar dat dit nie haar seun, Duke, was nie, maar die hartseer is nog vlak omdat hy na vyf jaar nog nie opgespoor is nie.

In Januarie 2022 is daar al berig dat hulle sedert 2018 na haar seun Duke Prinsloo (wat een van die dae 31 word) soek, maar buiten snedige opmerkings op sosiale media, was daar geen positiewe inligting wat kon lei na sy opsporing nie.

Sy was op daardie stadium een van vier ma’s wat gesoek het na hul kinders, wat net spoorloos verdwyn het.

Lees berig hier:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/01/13/vier-mas-se-soeke-na-vermiste-seuns/

Duke is die laaste keer gesien deur ‘n familie wat hom voor Mid-Alarms afgelaai het, omdat hy gesê het dat hy weer daar gaan werk soek.

Hy het egter nooit ingegaan by die Mid Alarms deure nie en het hulle ook nie weer van hom gehoor nie. ‘n Familielid het daarna ‘n vermiste persoon saak geopen.

Me. Du Toit en haar kinders het op ‘n stadium in Secunda en daarna in Middelburg gebly en het sy as alleenma op drie plekke gewerk om die kinders te onderhou.

In graad agt het sy al vir Duke uitgevang toe hy met dagga geëksperimenteer het en alhoewel hy beloof het hy het dit gelos, het sy as ma instinktief geweet hy het nie.

In 2015 het hy n rukkie by Mid Alarms gewerk as tegnikus, maar bedank en daarna as karwag in Carletonville gaan werk.

Hy is daar vir dwelmbesit gearresteer en is tronk toe. Me. Du Toit het sy borggeld in Augustus 2018 vir ‘n familielid oorbetaal, wat hom gaan haal en dieselfde week Middelburg toe gevat het. Dit is toe dat hy verdwyn het.

Duke het altyd kontak met sy ma behou, selfs in die tronk en het haar laat weet dat hy weer Middelburg toe gaan.

Daarna was sy foon af.

Me. Du Toit het al die “Waar in die Wêreld” Facebookgroep gekontak, wat probeer het om Duke op te spoor.

Die doel van dié groep is om verlore familielede, geliefdes en vriende te probeer opspoor. Hulle hanteer geen anonieme versoeke, kompetisies of advertensies van enige aard nie en vermiste persone se foto’s mag slegs geplaas word indien die persoon amptelik by die Pink Ladies en die polisie as vermis aangemeld is.

Hulle het haar destyds laat weet dat daar geen doodsertifikaat uitgereik is nie en dat hy ook nie aansoek gedoen het vir ’n nuwe ID- dokument nie.

Met elke doodsberig wat sy sien, doen sy navraag om uit te vind of dit nie dalk hy is nie. Tot nou toe nog was daar geen positiewe identifikasie nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/06/09/body-of-homeless-man-still-unclaimed/

• Duke se regte name is Marmaduke Costello Prinsloo en sy identiteitsnommer 9209085021085.

• Hy het blou oë, donkerblonde hare, rooi geboortevlekke op sy vingers en tatoeërmerke op sy regterarm.

Die tatoeërmerk op Duke Prinsloo se regterarm. Dié foto is ’n paar jaar gelede geneem.

As enige persoon inligting kan verskaf waar hy hom mag bevind en of hy dalk oorlede is, bel of WhatsApp me. Du Toit by +260 96 3449061.
Inligting kan oor deurgegee word aan Daleen Naude per e-pos by daleen@mobserver.co.za of 013 243 1434 of 072 248 3855.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button