News

kykNET Kwêla se Botshabelo insetsel ruk harte

’n Oudburgemeester en bekende sielkundige was van die oudinwoners wat reageer het na die Kwêla kykNET-program wat gisteraand oor Botshabelo gebeeldsend is.

Verskeie voormalige inwoners van Middelburg, waaronder oudburgemeester Chris Esterhuizen en wêreldbeker rugby wenner, dr Henning Gericke, het uit een mond saamgestem dat die voortgesette verval van die eens statige toeriste aantreklikheid “hartseer” is.

Busvragte van tot 2000 buitelandse toeriste het die Plek van Toevlug in sy gloriedae besoek.

Sedert ’n suksevolle grondeis, met die geskiedkundige dorpie, omliggende natuurreservaat en die plaaslike vliegveld wat in 2005 aan sowat 1000 geskuifde gesinne terug gegee is, is verskeie aanbiedinge vir hulp om Botshabelo as internasionale toerisme bestemming te laat voortleef, deur die eisers van die hand gewys.

Vandag is daar byna niks meer van die selfonderhoudende Berlynse sendingstasie oor nie.

“Goeie, maar hartseer program,” het mnr. Esterhuizen uit Pretoria laat weet.

Voormalige Middelburg burgemeester Chris Esterhuizen.

Dr. Gericke is op Botshabelo in die prentjiemooi sendingkerk wat in die laat 1860’s gebou is, getroud.
Hy was Sondagaand aan huis by sy ouers toe die Botshabelo insetsel sy oog gevang het.

Dr. Gericke het met heimweë terug gedink aan “die spesiale plek wat Botshabelo in my lewe het.”

Daar was talle kommentaar wat bloot gesê het: “Ai ek huil saam oor die totale ramp by Botshabelo, dit is so hartseer en maak mens woedend!”

•Daar was groot lof dat kykNET die wekroep van Botshabelo onder Suid-Afrikaners se aandag gebring het.

•Komplimente vir die skitterende redigering van Stephan Marais Swart van Homebrew Films, wat kykers op ’n emosionele wipwarit geneem het, is ook ontvang.

Inwoners wat die insetsel gemis het, gaan darem kans hê om saam te kan praat.

Skuif gerus voor die kassie in vir die volgende kykNET Kwêla heruitsendings op kanaal 144 die week:

• Dinsdag 01:00 en 10:30
• Woensdag 12:30
• Donderdag 16:00
• Vrydag 10:00
• Saterdag om 13:30.

Homebrew Films by Botshabelo. Fotot: Tobie van den Bergh.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button