News

Gary Roos vry op R1000 borg

Gary Roos (34), die man wat gisteraand gearresteer is na ’n voertuig Vrydag gesteel is, het vandag in die hof verskyn en is vrygelaat op R1 000 borg.

Karsleutels is Vrydag vanaf me. Elfrieda Kruger se tafel by Middelburg Primary School se tafel gevat en die kar by die skool gesteel.
Gisteraand is Roos gearresteer in Walter Sisulustraat.

• Daar is inligting dat Roos gisteroggend probeer het om Hoërskool Kanonkop se kanon, wat die vorige nag gesteel is, by Bongani Metals te probeer verkoop vir skrootmetaal.
Daar is ’n ID dokument en besonderhede van Roos verskaf.

Die ID foto van ‘Gary Roos’ (34) wat gisteroggend Hoërskool Kanonkop se gesteelde kanon by Bongani Metals wou verkoop.

Toe Bongani personeel vra waar hy dit kry, het hy gesê dit het aan sy oupa en ouma behoort, maar hy het gery toe daar nog vrae was,

• Die Middelburg Observer is vandag gebombaardeer met oproepe van mense wat gesê het hulle ken Roos.
Daar is genoem dat hy die naweek onder andere Nelspruit toe is met die kar en dat die voertuig sonder petrol gaan staan het.

• ’n Ander bron het gesê dat Roos die afgelope tyd in ’n bakkie gebly het op ’n sypaadjie.

• Die selnommer wat aan Bongani Metals verskaf is, asook ’n familielid van Roos se nommers is gebel om sy kommentaar oor al die bewerings te kry, maar al die nommers is steeds af.

Gary Roos het vandag in die hof verskyn. FOTO: Facebook.

Lees ook:

Kardiefstal en kanonloop wys na een man

Man in Mercedes probeer loop van kanon verkoop

Dief wat adjunkhoof se kar buite sportterrein steel steeds weg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button