News

Identiteitsdiefstal nou ook op die slenterlys

’n Bedrieër wat valslik gebruik maak van Middelburg woonadresse word daarvan beskuldig dat hy identiteitsdiefstal gepleeg het.

Dennesig inwoner, mnr. Jopie de Beer, waarsku inwoners oor ’n Facebook slenter met minstens sewe slagoffers.

’n Man van Klerksdorp was Maandag die nuutste slagoffer, en het al die pad van Noordwes af gery om ’n Suzuki Samurai waarvoor hy R45 000 betaal het by mnr. De Beer se huis in Dennesig te kom haal.

Die bedrieër het ’n geskrewe kooptransaksie en ’n afskrif van ’n identiteitsdokument aan die slagoffer geWhatsApp, wat hom as ’n ene Cornelius Johannes Brits geïdentifiseer het.

Die identiteitsdokument word egter ook valslik gebruik, en behoort aan ’n man van Rustenburg, wat ook onskuldig by die slenter ingesleep is.

Me. Suzette Brits – Neels Brits se vrou, het aan die Middelburg Observer bevestig dat dit haar man se identiteitsdokument is wat deur die bedrieër gebruik word.

Sy het op 8 Februarie ’n plasing gemaak nadat haar man se naam op ’n Facebookgroep deur die modder gesleep is.

“Ek vermoed my man se naam is gebruik deur die scammer om ’n beach buggy te adverteer, en toe beskuldig almal my man hy is die bedrieër.”

Dit was egter die laaste wat hulle daarvan gehoor het. Hulle was salig onbewus dat sy identiteit gebruik is om mense in Middelburg ook in te loop.

Suzette is nie seker hoe die bedrieër ’n afskrif van haar man se identiteitsdokument in die hande gekry het nie, maar weet net dit het in die verkeerde hande beland.

“My man word betrek by misdaad maar hy is onskuldig. Ek weet nie hoe ons dit sal bewys nie, maar gelukkig sal die mense wat ons ken, dit glo.”

Sy het onderneem om ’n saak van identiteitsdiefstal by die polisie oop te maak.

Lees ook:

Jy is nie geSchuster nie meneer, jy is geScam

Teleurstelling op gesigte sal by man spook na soveelste bedrogspul

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button