News

Carmen steeds in aanhouding

Carmen-Leigh White-Sharpley is steeds in aanhouding.

Carmen is op 1 Maart saam met haar vriend by ’n woonstel in eMalahleni gearresteer nadat mnr. Kobus van Staden se kar twee dae vantevore in Middelburg gesteel is.

Daar was CCTV-videomateriaal wat gewys het hoe sy ’n motorhuis by Moddercourt Woonstelle oopsluit, ’n paar artikels in die kattebak laai en met die voertuig wegry.

Alhoewel haar vriend aanvanklik ook gearresteer is, is hy laat gaan.

• Carmen het in die Witbank Landdroshof verskyn op ’n klagte van besit van ’n gesteelde voertuig. Sy sal waarskynlik eers later in Middelburg aangekla word vir die kardiefstalsaak self.

• Twee weke voor sy kar gesteel hs, het mnr. Van Staden vir Carmen van die straat af gehaal om haar te help.
Die oggend van die diefstal, het hy wakker geword, net om te vind dat hy in sy woonstel toegesluit is, dat sy selfoon en skootrekenaar, asook sy kar gesteel is.

• Sy dogter, Sylvia de Bruin, het met die hulp van familie en ander bronne, speurwerk gedoen wat haar gelei het na die woonstel waar Carmen en haar vriend was.

Sy het van daar af die Witbank Polisie gebel, wat Carmen en haar vriend gearresteer het.

• Die polisie het mnr. Van Staden se selfoon reeds aan hom terugbesorg, nadat hulle dit by ’n pandjieswinkel opgespoor het.
Sy voertuig is egter nog by die polisie, wat dit deurgaan vir bewysstukke.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/03/11/dogter-vra-moenie-carmen-se-leuens-glo/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/03/04/dogter-speel-self-speurder-om-pa-se-kar-terug-te-kry/

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/02/28/videomateriaal-wys-waar-carmen-kar-vat/

Check Also
Close
 
Back to top button