News

Kapers soek geld en gebruik banktoeps van slagoffers

’n Man het vertel hoe drie van hul maatskappybakkies gekaap is, asook hoe die kapers te werk gegaan het om duisende rande uit die slagoffers se bankrekeninge te onttrek.

Aldrie die slagoffers van die kapings, is gedwing om met die Toeps (Apps) op hul fone vir die kapers kontant oorbetalings te maak, wat dan rondgeskuif is in rekeninge.

Neil Rautenbach het laasnag die joernalis gekontak, nadat hy die berig gelees het oor die man wat in Tokologo gekaap is. Op daardie tydstip was die slagoffer nog saam met die kapers in die voertuig.

“Hulle moet kyk wat op die slagoffer se bankrekening aangaan, want hulle dwing gewoonlik die mense om met die toeps geld oor te betaal!”

Neil is deel van ’n maatskappy wat regdeur die land, waaronder ook in Mpumalanga en Gauteng werk.
Hy noem dat daar in die afgelope twee maande drie van hul besigheid se bakkies gekaap is en hul werknemers duisende rande kwyt is.

Tydens twee van die kapings het die kapers met die slagoffers rondgery en is gedwing om met die banktoeps op hul fone kontant oor te betaal.
Die derde werknemer was ’n slagoffer van die N12 rowers.

Hy het oor klippe op die N12 gery en moes noodgedwonge stop. Die rowers het hom oorval, maar soos die ander kapings, moes hy met die toep op sy foon vir hulle geld oorbetaal.

“Een van die slagoffers se vrou het gesien daar verdwyn ’n groot bedrag van R30 000, haar man se hele salaris, uit die rekening. Sy kon hom nie in die hande kry nie en het dadelik begin rondbel.” Kort daarna is die beseerde man gekry.

• Aldrie die voertuie is later deur middel van die opsporingsmaatskappy teruggevind.

• Die kapingslagoffer van gisteraand is veilig tuis, maar is erg aangerand en sal moet gaan vir ’n breinskandering weens die houe wat hy op sy kop verduur het.
Sy bankkaart is ook beskadig, want hy het die verkeerde pinkode vir die kapers gegee.

Lees ook:

Kyk uit vir bakkie met SG Coal plakkers wat vanaand gekaap is!

Firefighter hijacked by four armed men

Attempted scam on traumatised hijacked firefighter

 
Back to top button