Gelukkige trekking gaan aan, pretdag gekanselleer

Die Moths se beplande pretdag en potjiekoskompetisie op 1 Junie by Lavender Mill is gekanselleer, maar kan almal steeds saam met hulle gaan kuier wanneer die gelukkige trekking gedoen word by die Gondar Shellhole.

Op dié dag sal worsbroodjies te koop wees en die kroeg sal ook oop wees.
Die trekking van die wen-lootjies, waar R35 000 se pryse op die spel is, word om 11:00 gedoen.

• Die Moths Gondar Shellhole is geleë op in Gillfillanstraat 2A.
Persone wat nog lootjies wil bekom, kan Thea Harms bel by 079 437 2908.

• Die pretdag en potjiekoskompetisie is gekanselleer weens ’n gebrek aan belangstelling.

Exit mobile version