News
Liggaam in Tarries-park uitgeken, familie versoek privaatheid
Ná navrae van regoor die land het die man se familie hom uitgeken.
Die liggaam van die man wat Saterdag dood by die Tarries fietsrybaan aangetref is, is formeel uitgeken.
Die familie vra egter dat hul privaatheid gerespekteer word en het ’n onderhoud van die hand gewys.
Die liggaam is Saterdag by die fietsrypark aangetref op ’n matras in ’n area waar talle daklose mense woon.
Volgens getuies op die toneel het die man slegs ’n paar weke daar gebly.
Hy het gereeld gekla van maagpyn, hoewel die oorsaak van sy dood nog nie bevestig kan word nie.
Die man se familie is glo van eMalahleni en daar is op Facebook gesê dat hy “waardig begrawe sal word.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
