Man op N4 gearresteer en Toyota Hilux bakkie teruggekry
'n Verdagte is gister by die Vandyksdrif-afrit op die N4 gearresteer en 'n Toyota Hilux, wat in Putfontein gesteel is, teruggekry.
Met samewerking tussen die Middelburg Blitspatrollie, hul opsporingslede en ‘n voertuig opsporingsmaatskappy is ‘n gesteelde voertig opgespoor en ‘n verdagte gearresteer.
‘n Toyotoa Hilux Club Cab is as gesteel in Putfontein aangemeld.
L:ede van die voertuig opsporingsmaatskappy het die sein van die voertuig se opsporingstelsel by die Middelburg Tolhek opgetel en is daar vinnig gereageer.
By die Vandyksdrif afrit op die N4 is die bakkie deur die verskillende eenhede voorgekeer en ‘n 29-jarige man is ondervra.
Hy kon nie ‘n verduideliking gee waarom hy in besit is van ‘n gesteelde voertuig nie en is gearresteer.
In ‘n mediaverklaring het die provinsiale mediakantoor gesê dat hy eersdaags in die Middelburg Landdroshof sal verskyn. Daar is in die verklaring ook gemeld dat die moontlikheid dat daar nog klagtes bygevoeg kan word, nie uitgesluit is nie.
