NUUTSTE: Dankseggingsgeleentheid vir Lilie in skoolsaal
'n Dankseggingsgeleentheid sal gehou word op dieselfde plek waar die gebedsbyeenkoms vir Lilie Fouché gehou is.
Die reaksie op die danksegging is so groot, dat daar nou in die skoolsaal van Laerskool Kanonkop ontmoet sal word more, Sondag, 3 November.
Die gemeenskap word genooi om 16:00by Laerskool Kanonkop bymekaar te kom vir ‘n Dankseggingsgeleentheid om die Vader te dank vir Lemay (Lilie) Fouché se wonderbaarlike herstel.
Lilie het ernstige beserings opgedoen in ‘n ongeluk op 19 September op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) waarin haar pa, Mornay, gesterf het. Haar oupa, Johny, is twee weke later weens nagevolge van die ongeluk oorlede.
Lilie is per helikopter na die Alberton Netcare Hospitaal afgevoer waar dokters vir haar lewe geveg het. Sy het in daardie tyd ook operasies, waaronder ‘n breinoperasie, ondergaan.
Terwyl haar toestand nog baie ernstig was, is ‘n gebedsbyeenkoms op die hoek van Oribi- en Lilian Ngoyistraat, aan die bokant van Laerskool Kanonkop gehou. Lilie is ‘n graad twee leerling aan dié skool.
Tydens die geleentheid is daar ook kerse aangesteek en het kinders briefies vir Lilie geskryf.
Lees ook: Video: Gebede en ballonne gaan op vir klein ‘Lilie’
Lilie is hierdie week uit die hospitaal ontslaan en het sy kort voordat sy huis toe is, vir al die personeel wat na haar omgesien het in die hospitaal, drukkies gegee.
Lees ook: Lilie sê dankie met drukkies vir hospitaalpersoneel
- Vir enige navrae rakende die dankseggingsbyeenkoms, skakel Ansabé Francis by 082 464 9719.
Do you have information on a news story you think we should cover?
Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.
To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:
Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.
