News

Vure woed deur Olifantsvallei

Boere en ander inwoners van die Olifantsriviervallei het sedert Sondag teen ’n verwoestende veldbrand gestry.

Pomp buitewerking, inwoners moes water aanry

Volgens Marlien Maree van Olifants River Lodge, het die brand Sondag omstreeks 11:00 se kant opgestaan en ’n groot area van die vallei, wat Presidentsrus, die oord en verskeie ander plase verswelg het.
Sy sê die munisipale waterpomp by Presidentsrus is buitewerking, en dat die gemeenskap self water moes aanry om teen die brand te stry.

Die brand het regdeur die dag gewoed, en kon hulle dit Sondagnag onder beheer kry.

“Die wind het Maandagoggend weer opgestaan, en het die brand weer omgedraai en terug deur die kloof beweeg.”

Dit het Maandagmiddag nog agter die rondawels gebrand, maar gelukkig is daar geen skade aan strukture by die oord of Presidentsrus nie.

“Die gemeenskap van Presidentsrus het almal saamgestaan om teen die vuur te veg, en as dit nie vir hulle was nie, dan weet ek nie,” het Maree bygevoeg.
Die brand het ook deur verskeie plase gewoed.

Boere het ook onder brand gely

Volgens Cobus de Waal, ’n huurder op die Injamaplaas, het die brand die hele plaas, buiten strukture, vernietig.

“Die hele plaas het afgebrand, maar met 10 000 liter water, kon ons dit gelukkig keer voor dit enige strukture vernietig. Net ’n skuur en ’n lapa is deur die brand geraak.”

De Waal het vertel dat die brandweer ook vinnig op die toneel was en tot laat Sondagaand teen die brand geveg het.
Die eienaar van Injama wou nie verder oor die skade uitwy nie.

• Daar is verneem dat Riverglen Wildlife ook groot skade gely het in die brand.

Die Middelburg Brandweer het tot laat Sondagaand teen die brand geveg.

Ergste brandseisoen in jare

Volgens Helgaardt Muller, voorsitter van die Groter Middelburg Brandbeskermingsvereniging, is hierdie jaar se brandseisoen een van die besigste en mees verwoestende wat die vereniging in baie jare gesien het.

Hy het ook ’n beroep gedoen op boere wat onder die groter Middelburg omgewing val, om hulle brandverslae deur te gee aan die vereniging.

• Daar is vroeër berig dat die brandseisoen baie vroeg opgetel het, met geweldige wegholbrande in die Stoffberg, Elandslaagte, Somaphepha, Loskop, Belfast en Dullstroom omgewing.

• ’n Boer van Elandspruit, Sakkie van der Walt, het weens brandwonde gesterf nadat hy op sy kleinhoewe in ’n brand vasgekeer was.

• Meer as 32 000 HA is in die Dullstroom, Belfast en Emgwenya omgewing vernietig.

• In die meeste gevalle is brandstigting uitgewys as die oorsprong van die wegholbrande.

 

Boere ly onder brandstigting – provinsiale ramp verklaar

Video: Verwoestende vuur verswelg weiding, bokke en voertuig

Hulp gevra vir begrafniskostes na Elandspruitboer weens brandwonde sterf

GRAFIESE INHOUD: Elandspruit boer veg vir lewe na hy erge brandwonde in veldbrand opdoen

 

 

 

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button